Offisiere
Die vrywillige volwasse lede van Die Voortrekkers staan bekend as die Offisiere. As Offisier is jou fokus op die
Aanbieding van Voortrekkeraktiwiteite
Hierdie mense is die persone wat elke week met die kinders werk en hulle aanmoedig om PERSOONLIKE LEIERSKAP suksesvol in hulle lewens toe te pas.
Daar word aan Offisiere 'n groot verskeidenheid van opleidings- en akkreditasiegeleenthede gebied om hom voor te berei vir sy taak met die kind, asook vir persoonlike verryking en ontwikkeling.