Verkenners
Die hoërskoollede van Die Voortrekkers staan bekend as Verkenners. Deur die loop van hulle vyf hoërskooljare, word die kinders d.m.v. die loopbaanplan aanmoedig om
Persoonlike leierskap te bemeester en suksesvol as 'n algemene leier op te tree
Aangesien die kind in die laerskool reeds geleer het hoe om as leier van sy eie lewe op te tree, word daar in die Verkennerloopbaan daarop voortgebou. Aktiwiteite is daarop gemik dat hulle, hulle self persoonlik en ook tussen ander kan handhaaf. Hulle kry ook die geleentheid om tegnieke en vaardighede wat benodig word vir effektiewe leierskap, aan te leer, in te oefen en te bemeester.