Die BEGINSELS van Die Voortrekkers:
Die Voortrekkers se beginsels is 'n stel riglyne waaraan ons, ons lewens anker en beoefen:
1. Om die geloof in God Drie-enig te vestig;
2. Om
op alle terreine ‘n Bybels-Christelike lewe te lei;
3.
Om die Afrikanerkultuur oor te dra en uit te bou en om ons kultuurerfenis te waardeer en te bewaar;
4. Om
uit die verlede van die Afrikaner te neem wat goed is en daarop te bou vir die toekoms;
5. Om
ons omgewing waar te neem, te waardeer en te bewaar;
6. Om
goeie landsburgers en leiers te ontwikkel;
7. Om
gewoontes van oplettendheid, ondersoek, waardering, selfstandigheid, selfdissipline, diensgerigtheid en diensvaardigheid te ontwikkel.