Die VISIE van Die Voortrekkers:
Die visiestelling van Die Voortrekkers beskryf die medium- tot langtermyn doelwitte. Die Voortrekkers se toekomsbeplanning bestaan uit twee dele: Toekomsplan 2013 is die vier-jaar-plan en Toekomsblik 2020 die langer termyn vooruitsig.
Toekomsplan 2013:
Om die voorkeur aktiwiteit buite skoolverband vir ABC jongmense te wees.
Toekomsblik 2020:
Om ‘n beduidende rol te speel in die bemagtiging van jong Afrikaners, om as oortuigde Afrikaners, Burgers en Christene suksesvol te wees.